top of page

BEDIENINGE

Kleingroepe

Sameroeper: Fanus Coetzee (082 464 6265)

Bellville-Wes Vroue

Sameroeper: Sanet Gunter (083 564 0566)

Ons het 'n dinamiese Vrouebediening en hulle organiseer en help om funksies en spesiale geleenthede te reël.

Getuienisbediening

Sameroeper: Vakant

Intersessiebediening

Sameroeper: Blackie Swart (082 788 4765)

Daar word weekliks voorbidding gedoen en ’n gebedsnuusbrief word uitgestuur. Hulle vergader elke Woensdag (gedurende die kwartaal) om 18:00 in die konsistorie.

Jeugbediening

Sameroeper: Wouter Swart (083 364 8579)

Die gemeente het ’n klein, intieme jeugbediening waarby ’n Jeugwerker as diensverskaffer betrokke is. Die Bediening bestaan uit Bybelskool (Sondagskool Hoër- en Laerskool), Kleuterkerk en Tienerdienste op Sondae, leefstylprogramme (aktiwiteitsprogramme vir verskillende ouderdomsgroepe) wat op Dinsdae en Vrydae by die gemeente sowel as die naaste Laerskool aangebied word.

Lof & Klassiek

Eredienste word musiekaal ingekleur deur ons musiekleier. Begeleiding word afgewissel met orrelspel en/of ons musiekbediening. Ons musiekbediening bestaan uit kitare, baskitaar, viool, fluit, perkussie en voorsangers.

Omgeegroep (Nuwe Lidmate)

Sameroeper: Daline de Lange (082 371 2830)

Ons Omgeebediening help nuwe lidmate met enige vra en laat hulle sommer vinnig tuis voel by ons gemeente-familie.

Pastoraal

Sameroeper: Lydia Britz (082 413 5406)

’n Groep lidmate is opgelei om pastorale ondersteuning te gee. Hulle hanteer opvolgbesoeke en langtermyn ondersteuning, onder begeleiding van die leraar en ’n maatskaplike werker. Hulle vergader kwartaalliks.

Seniors

Sameroeper: Marie Honing (082 413 5406)

Seniors kom weekliks bymekaar, een Woensdag vir Bybelstudie en die alternatiewe Woensdag vir ’n gesellige ontspanningsprogram.

bottom of page